Gekryf deur Angela Hunt. Die lewe in Filistea is nie maklik nie - veral nie vir n vrou alleen nie. Wanneer die pragtige maar gewonde Delila moet bedel om aan die lewe te bly, neem sy haar voor dat sy n manier sal vind om alle mans te laat boet vir die mishandeling wat sy al moes verduur. Sy is vasberade om al die struikelblokke in haar pad te oorkom en oorwinning en rykdom te smaak. Wanneer sy die legendariese Simson ontmoet, sien sy in hom die geleentheid waarna sy so vurig smag. Die Isrealiete se held staan nie n kans teen haar skoonheid en sjarme nie. Kan sy daarin slaag om haarself die sleutelspeler te maak in wat Filistea se grootste oorwinning kan wees?


R250.00 
  • SKU: 9781431617531
  • Shipping: