Geskryf deur Elize Parker Hanlie de Waal en Marlene Erasmus is as babas by geboorte omgeruil, maar die waarheid daaroor is lank deur hul ma's verswyg. Om van die begasie van die verlede ontslae te raak en hul eie identiteite te vind, stap beide as jong vroue n lang en moeilike pad om weg te kom van die leuens, selfsug en geheime wat hul lewens gesteel het. Hanlie se verkeerde lewenskeuses haal haar in, maar sy het nooit verwag dat sy n keuse oor haar ongebore baba moet maak nie - n keuse soos wat haar eie ma jare terug oor Hanlie se lewe moes maak. Sy is n stil rebel wat van haar ouers se wynplaas wil wegkom, n sjef in Kaapstad word en met n rock-musiekant uitgaan. Sy neem verkeerde lewensbesluite en beland ook soos haar biologiese ma, Sandra Immelman, in n web van misleiding en geheime. Marlene is die sogenaamde perfekte dogter wat medies studeer en vir wie alles in plek val. Tog het sy ook geheime wat sy van haar familie weerhou, en soek sy desperaat die aanvaarding van haar grootmaakouers, Sandra en Quintin Immelman. Wanneer haar tronkvoel-pa skielik weer op die toneel verskyn, verander die koers van haar en haar gesin se lewe ingrypend. Die twee 18-jariges maak n belofte aan mekaar om met die waarheid vorendag te kom. So vind hulle hul werklike identiteit in Jesus, en daardeur ook hul ware lewensroeping.


R170.00 
  • SKU: 9781415326787
  • Shipping: