Geskryf deur Randy Alcorn As dienaars van die gereg staan Adam Mitchell, Nathan Hayes en hul kollegas dapper op teen die slegste wat die wereld kan bied. Maar aan die einde van die dag kom hull voor n nog groter uitdaging te staan: om n pa te wees. Terwyl hulle altyd hulle beste gee vir hulle werk, is "goed genoeg" omtrent al wat hulle kan regkry in hulle rol as pa. Hulle kom egter vinnig agter dat hulle standaard nie goed genoeg is nie. Hulle weet dat dit God se wil is dat hulle hulle kinders as n kosbare gawe sien, maar hulle kinders dryf al verder en verder van hulle af weg. Sal hulle n manier kan kry om die wat die naaste aan hulle is te dien en te beskerm? Toe n tragedie hulle tref, word die mans gekonfronteer met hulle vrese, hulle geloof en hulle pa-wees. Kan dit hulle help om nader aan God te leef, maar ook nader aan hulle kinders?


R120.00 
  • SKU: 9781431600786
  • Shipping: