Welkom by 

Redding Boeke & Bybels

Ons is ‘n Christelike Boek en Geskenkwinkel, met Kunsateljee, tussen Hartenbos en Mosselbaai, in die hartjie van die pragtige Tuinroete van die Wes-Kaap.

Ons Produkte / Our Products

Ons verskaf 'n verskeidenheid van Bybels, Geskenke, Kuns, Handgemaakte Produkte en nog baie meer. Koop aanlyn vandag.
Bybels / Bibles

Ons verskaf 'n verskeidenheid Bybels in verskeie weergawes en vertalings.

Geskenke / Gifts

Ons verskaf 'n verskeidenheid van geskenke vir verskillende geleenthede.

Kuns (Barbara Weyer Art)

Die tuiste van Barbara Weyer Art en haar pragtige kunswerke.

Christelike Boeke / Books 

Ons verskaf verskeie Christelike boeke van verskillende skrywers.

GLO Produkte

Ons eie reeks geskenke hoofsaaklik in Afrikaans en self vervaardig.

GLO Kreatief

Alles wat nodig is om jou geloof kreatief uit te leef (Bible Journaling produkte ens. soos verf/potlode/kunsprodukte).

Redding Boeke & Bybels

Waar pas Jesus in jou lewe?

Die winkel het klein begin in 2008 in die middedorp van Mosselbaai. Ons het deur die jare baie gegroei en uitgebrei en is sedert Oktober 2016 in die Langeberg Mall. 

Ons doel en missie is om die Woord van God uit dra en die evangelisasie-opdrag te vervul om dissipels van mense te maak. Ons streef daarna om die middels wat nodig is vir elkeen se persoonlike groei in sy/haar verhouding met die Here, beskikbaar te stel, hetsy deur Bybels, Christelike lektuur of ‘n bemoedigende geskenk.

Barbara Weyer Art is deel van die kunsreeks wat by ons beskikbaar is en bestaan uit Barbara Weyer se skilderye en geskenkreeks met afdrukke van haar skilderye.

GLO-Produkte is ons eie, unieke reeks produkte. GLO-Kreatief is die produkte wat ons gebruik om ons kreatiwiteit mee uit te leef. Alhoewel ons fokus veral op Afrikaanse produkte is, hoef ons Engelse kliënte nie afgeskeep te voel nie.

Koop Aanlyn

Met ons aanlyn winkel stel ons kliënte reg oor Suid-Afrika in staat om van ons produkte te koop.

Passie vir dit wat ons in glo

Ons is ‘n familie-besigheid met ‘n passie vir dit wat ons in glo en kliënte word baie vinnig vriende saam met wie ons lag, huil en bid.

Persoonlike diens

Ons glo aan persoonlike diens en doen dit wat ons doen met vriendelikheid, empatie en entoesiasme

Ons fokus is op Bybels, Christelike Boeke, Christelike geskenke en kreatiewe geloofsmeelewing. Aangesien die eienares self ‘n baie kreatiewe persoon is, fokus ons ook op produkte wat ons kliënte in staat stel om hulle geloof kreatief uit te leef deur Kreatiewe Bybelstudie, kunsprodukte en ander kreatiewe produkte.

Redding Boeke & Bybels

Waar pas Jesus in jou lewe?

Ons verskaf 'n groot verskeidenheid van Christelike boeke, Bybels, materiaal, dagbeplanners en nog baie meer om jou te help in jou daaglikse behoeftes van Christenskap.